Hierdie week in die gemeente: 

14 tot 31 Desember 2025

 

VERANDERING VAN EREDIENS TYE

08:00 - Eredienste vanaf Sondag 14 Desember 2025 tot Sondag 11 Januarie 2026

09:00 - Erediens: Geloftedag (Dinsdag 16 Des)

           Hervormde Kerk - Gemeente Vereeniging

           Hervormde Kerk - Gemeente Deo Volente (Sasolburg)

08:00 - Erediens: Kersfees (Donderdag 25 Des)

18:00 - Oujaarsdiens (Woensdag 31 Des)

 

Gemeente Kuier Kamp: 13 - 15 Maart 2026

Voorlopige Belangstellings Opname: Ons beplan ‘n kuier kamp vir bognoemde datum by Wesvaal Vakansie-oord - 25 km van hier af. Wees asb so vriendelik en oordink idee van ‘n Gemeente Kuier-Kamp. Ons moet teen middel Januarie 2026 besprekings finaliseer. Kyk op die internet by Westvaal Vakansieoord om ‘n idee oor die plek te kry.

 

Uitstaande Gelde:

Betaal asb alle uitstaande gelde voor of op 22 Desember 2025

Padkafee: 06 Desember

Gemeente-ete: 07 Desember

Koekiese en beskuit: Deurlopend

 

Barmhartigheid:

Baie dankie aan almal wat gedurende 2025 op enige wyse 'n bydrae tov barmhartigheid gelewer het.

Ons Koskas:

Ons benodig steeds nie-bederfbare produkte.

 

50-Dae-van-Omgee:

Hierdie projek het op Sondag 07 Desember ten einde geloop. Jy is steeds welkom om enige skenkings tov kos by die kantoor af te gee.

 

Fondsinsamelings-aksies

Projek: Voer-jou-Varkie:

Weet jy waar jou Varkie is?

Wanneer laas het jy hom gevoer?

Voer jou Varkie!

 

Familie Sake

Liewe broers en susters, in Christus is ons familie. Ons familie is lief vir mekaar en daarom raak dit wat met ons familielede gebeur elkeen van ons. Wanneer jy siek is, of hartseer en bedroef is, of oorlaai en bekommerd is, bid ons vir en saam met jou dat die Here Hom oor jou sal ontferm. En, wanneer jy bly is, of dankbaar is, of vreugde beleef, wil ons dit saam met jou vier en die Here loof vir sy goedheid en genade.

 

Dankbaarheid:

Ons is saam met Monica, Hendrik en hulle kinders dankbaar vir die goeie nuus oor haar gesondheid. Ons is veral dankbaar teenoor die Here wat haar en haar gesin in hierdie swaar en beproewende tyd vasgehou en gedra het. Aan Sy goedheid en liefde is daar geen einde nie.                                                              

 

Voorbidding:

Julle is in ons harte en gebede:          

Myrda Pieterse  

 

Verjaarsdae:

 

Ondersteun ons lidmate:

Vars geslagte Hoenders en Vars eiers!

Kontak André: 083 263 0875

Eiers                   :  R70 per laai

Heel Hoenders   :  R55 p/kg

Filette                 :   R85 p/kg

Vlerke                 :   R70 p/kg

Boudjies             :   R65 p/kg

Dye                     :   R65 p/kg

Flatties               :  R60 p/kg

Lewer, nekkies, magies:  R15 p/500g

André lewer af


Lees die afkondigings in meer detail  op:

https://www.nhkvdbpenrs.co.za/