Vrouekamp - 2026
Benita Bekker
Draers Van God Se Verhaal
Vrouekamp - 2026
Benita Bekker
Draers Van God Se Verhaal
Wanneer: 4-6 September 2026
Waar: Venterskroon - In die hartjie van die Vredefortkoepel
Koste: R 650 per persoon
Bevestig Bywoning: 15 Augustus 2026
Volle betaling moet teen: 28 Augustus 2026 ontvang wees.
Indien dit vir jou makliker is, kan die kampfooi in paaiemente betaal word, mits die volle bedrag teen die betalingsdatum vereffen is.
Bankbesonderhede:
Bank: GoTyme Bank
Naam: NHK Rietbyl
Rek nr: 530 024 293 55
Verwysing: Voorletter_Van_VK (Bv. S_ Sheppard_ VK)
Bewys van Betaling: sonje@live.co.za of WhatsApp: 073 065 7795
Navrae: Sonje - 073 065 7795
Aankoms: Vrydag vanaf 12:00
Verblyf: Daar is 6 slaapsale met 20 beddens. Elke slaapsaal het sy eie badkamer. Daar is ook 4 kamers met eie badkamers waarin vier persone in elke kamer kan slaap. Jy is welkom om met jou aankoms te kies waar jy vir die naweek wil slaap - óf in een van die groter slaapsale, óf in ’n kleiner kamer wat plek bied vir tot vier mense. Ons gaan nie vooraf enige kamers bespreek soos ons voorheen gedoen het nie.
Etes: Ontbyt, middagete en aandete sal voorsien word, asook koffie, tee en peuselhappies tussen die sessies. Jy is welkom om ekstra versnaperinge saam te bring indien jy iets spesiaals wil geniet.
Beddegoed: Onthou asseblief om jou eie beddegoed en komberse saam te bring. Indien jy wil, kan jy ook 'n kleiner kombers saambring om gedurende die sessies in die saal te gebruik. Miskien ook ’n flitslig om saans te gebruik.
Kampprogram
Vrydag
Aankoms: Vanaf 12:00
Ontvangs, kamers, koffie en kennismaking/ herontmoetings
Aandete: 19:00
Opening Sessie: 20:00
Welkom by die Kamp
Sessie 1: Kenmekaar.
21:00 – Gesellige kuier / vrye tyd
Koffie, gesels en ontspan
Saterdag
Ontbyt: 08:00
Sessie 2: 09:00 – 11:30
Worship en Vroue, Draers van God se verhaal
Tee / Koffie pouse: 10:30
Kleingroepe: 11:00
Bespreking en refleksie
Middagete: 13:00
Sessie 3: 14:00
Vroue van die Bybel
Kreatiewe Aktiwiteit
Vrye Tyd: 16:00
Sessie 4: 16:45
Aandete en Vuur / koffie / kuier tyd: 19:00
Sondag
Sessie 5: 09:00
Samevatting/ Terugvoer
Nagmaal
Brunch Oppak en Vertrek
Ons sien daarna uit om saam met jou 'n geseënde en onvergeetlike naweek te beleef! 💐🙏