DIE HOENDER-KARNAVAL
DIE HOENDER-KARNAVAL
Ons en ons gaste het gekuier - pannekoek geëet, skyf geskiet, veerpylties gegooi, bakatel gespeel, die tuisbedryftafel ondersteun - en nogmaals ge-kuier. Ons Hoof-haan - André - het gesorg dat alles vlot verloop en later het hy en sy helpers hulle met die braaiery uitstekend van hul taak gekwyt. In die kombuis het ons self-aangestelde bevelvoerder - Generaal Hannelie die septer geswaai en gesorg dat die kokery en tafeldekkery en alles wat in 'n kombuis gebeur met militêre presisie afgehandel word
Spyskaart
1 x Sop met 2 snytjies brood
1 x Halwe hoender
1 x Rys met sous
Soet-Gereg
3 x Pampoenkoekie in karamelsous
Sout-gereg
1 x Boontjies en aartappels
of
1 x Wortels en aartappels
1 x Nagereg